Duimgidse
Die funksies en aksies van die osFinancials5 program word in die vyf (5) duimgidse groepeer.

Die funksies en aksies van die osFinancials5 program word in die volgende vyf (5) duimgidse groepeer:
- Begin - Groepeer die aksies wat nodig is om die Stelle Boeke in osFinancials te bestuur (oopmaak, toemaak skep, skrap, stoor as), die taal te kies, registrasie en om hulp in osFinancials5 te kry.
- Verstek - Groepeer die funksies en aksies om meesterlêers (d.i. Debiteure, Krediteure, Kontakte, Voorraaditems) te skep, redigeer of te skrap. Die funksies en aksies om transaksies (d.i. Dokumente, Joernale, Kontant / Bank transaksies, Oopitem koppelings, ens.) te prosesseer en na die grootboek te posteer, ens.
- Verslae - Groepeer toegang tot verslae (kieslys), gebruikerverslae (kieslys), sigblad verslae (kieslys) Grootboekontleder 1, Grootboekontleder 2, T-Rekeninge en drukker. Begrotings (“Budgets”) is ‘n nuwe funksie wat makliker en kragtig is om jou begrotings te prosesseer.
- Opstel - Opstel onderneming, Opstel dokumente, Groepe, Rekeninge, Voorraadinligting, Finansiële periodes, Toegangsbeheer, Joernaaltipes, Verkoopspersoon, Drukker, Werkvloei opstel, Opstel (kieslys), Verslagontwerper, Invoer, Uitvoer en Inprop-programme (kieslys).
- Gebruiker - Dié duimgids, is by verstek, nie geaktiveer nie. Dié duimgids bied die gerief om is kits toegang tot die funksies wat die meeste gebruik word, in ses (6) groepe te bestuur.
|
|
Wys / Versteek Duimgids opsies Jy kan op enige van die stroke op duimgidse (d.i. Begin, Verstek, Verslae, Opstel en Gebruiker) dubbel-kliek om die stroke op dié duimgidse te versteek. Jy kan steeds die funksies op die stroke in die duimgidse gebruik deur gewoonweg op 'n duimgids te kliek. Sodra jy die funksie gekies het sal die stroke op die duimgidse weer outomaties versteek word. Om die stroke op die duimgidse (d.i. Begin, Verstek, Verslae, Opstel en Gebruiker) weer normaalweg (staties) te vertoon, hoef jy slegs weer te dubbel-kliek. |
|
|
Wys / Versteek Duimgids opsies Aan die onderkant van die duimgids strook kan jy op die “Collapse the Ribbon” kliek om die duimgids strook te versteek. Indien jy op 'n duimgids kliek, kan jy op die “Pin the Ribbon” opsie kliek om die duimgids weer staties te vertoon.
|


