Sigblad uitvoer - Voorraaditems
Jy kan jou voorraaditemlêer na 'n Excel-sigblad uit voer. Jy kan dan nuwe voorraaditems byvoeg, bestaande voorraaditems wysig en dit invoer in jou voorraaditemlêer.
Jy kan dan die gestoorde "Excel Werkboek (*.xlsx)" lêer kies en dit oopmaak om jou voorraaditems in te voer.
Om 'n Excel Workbook (xlsx) uitvoerlêer vir Voorraaditems te skep:
- Maak die Stel Boeke oop waaruit jy 'n sigblad-uitvoerlêer wil skep.
- Op die Opstel-duimgids, kies Invoer.
- Kies Voorraad.
- Kliek op die Excel import export-knoppie. 'n Leë "Data Import Export"-sigblad sal slegs die kolom-opskrifte van die voorraaditems-tabel in die databasis vertoon:

- Klik op die Uitvoer-ikoon. Die voorraaditems sal uitgevoer word na die"Data Import Export"-sigblad.

- Jy kan nuwe voorraaditems byvoeg, die voorraaditems wysig, die hoeveelhede verander, verkooppryse, watter kolom vir 'n voorraaditem, soos wat jy benodig.
- Klik op die Stoor as...-ikoon (Besigtig-duimgids) om die "Data Import Export" -sigblad as 'n "Excel Workbook (*.xlsx)" lêer te stoor.

- Kies die plek waar jy die uitvoerlêer wil stoor.
- Die verstek lêertipe "Excel Workbook (*.xlsx)". Tik 'n naam vir die uitvoerlêer in en kliek Save.
- Maak die "Data Import Export"-skerm toe.